Bel of WhatsApp: 062 737 9727

Bel of WhatsApp: 062 737 9727

Welkom byLekker Kos” Kombuis!

Hier koop jy lekker kos, wat met ordentlike vars bestandele, en liefde gemaak word.

Die doel van Lekker Kos” Kombuis is dat ons almal deur hierdie moeilike finansiële tye nogsteeds lekker kan eet, sonder om ons beursies te knak. Die lys van disse kan van tyd tot tyd verskil, aangesien ek die bestandele teen die beste pryse aankoop, sodat almal ‘n paar rand kan spaar. Hierdie disse gebruik ook nie baie krag nie, en aflewering is beskikbaar in Pretoria-Oos teen ‘n bekostigbare bedrag. 

Alle geregte word vars verkoop, lasagna, hoenderpasta en spinasie kan ook gevries aangekoop word. Al die geregte is reeds gaar, en word net vinnig verhit in die mikrogolf, of in die oond gebak vir die beste resultate. 

SPYSKAART VIR MEI EN JUNIE 2026

Bees Lasagna

My “famous” lasagna word met egte beesvleis, sampioene en ‘n heerlike kaassous gemaak. Vir aandete, of vir etenstyd by die werk, altyd ‘n wenner!

Beskikbaar vars of gevries

Beesstertbredie

Heerlike beesstertbredie, sag gekook in rooiwyn en loerierblare, met aartappel, patats en botterskorsies. Iets om na uit te sien met die opkomende koue aande.

Beskikbaar vars

Romerige Hoenderpasta

Gebraaide hoenderrepies met penne pasta, gebak met ‘n mosterd-en-kaassous. Koop gevries vir die naweek wanneer julle die langpad vat na die familie toe.

Beskikbaar vars of gevries

Roomspinasie

Die resep wat ek nie sommer deel nie, behalwe vir die room en sampioene wat deel is van die gereg.  Heerlik saam met enige vleis of disse. 

Beskikbaar vars of gevries

Gebakte aartappelgereg

Aartappelgereg met sampioene en spek, werk goed met ‘n air fryer hoendertjie, en dien ook as ‘n ete op sy eie. Perfek vir ‘n braai, as jy moeg is vir pap en slaai. 

Beskikbaar vars

"Gooi-'n-Bak-Af " Diens

Is jou moeilike skoonma oppad vir ‘n kuier? Of kry jy belangrike gaste? Almal kan nie, of hou nie van kosmaak nie, laat ek die kosmaak oorvat dat jy kan onstspan. Ek maak die kos klaar in jou eie oondskottel of bakke, en niemand praat uit oor wie die kos gemaak het nie. Kontak my persoonlik om reëlings te tref.

© Lekker Kos. 2026 All rights reserved